Die Solidariteit Beweging droom daarvan dat hul lede die geleentheid gebied moet word om hul vermoëns en vaardighede tot so ’n mate te kan ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou, en sodoende vry, veilig en voorspoedig kan leef.
S-Leer is ʼn gehalte Afrikaanse opleidingsentrum van die Solidariteit Beweging. Hulle bemagtig professionele persone met CPD–punte (voortgesette professionele ontwikkeling) en persoonlike ontwikkeling wat jou in staat stel om jou loopbaandoelwitte te bereik. S-Leer help jou om jou roeping uit te leef en vir jouself ʼn goeie werk te skep. Hulle bou saam met jou aan ʼn seker toekoms in ʼn onseker werksplek. Hulle maak CPD-punte maklik.
Ons het hulle met die volgende gehelp: